Uncategorised

JY WIL NIE WERKLIK SIEN…(opgedra aan mense wat onbeperk eensydig lief het)

Ek wens ek kan jou wys hoe ek binne lyk,jou toelaat binne in my hart en siel te kyk.Ek wil hê dat jy self moet sien, of jy so ‘n groot plek in my hart verdien.

Ek wens ek kan jou maak sit en dan vertel,wat my – al is dit min – so dikwels kwel.As jy maar net wil stil wees en luister,en nie die wêreld met eie wysheid teister.

Jy dobber doelloos by alles verby,altyd opsoek na dit wat jy dalk elders kan kry.As jy nie wat jy in my soek kan vind,maak los my hart – moet dit nie bind.

Ek kan niks meer as alles gee,soveel liefde versamel, wat maak ek daarmee?Geen enkel dag gaan by my verby, sonder dat jy in my gedagtes, aandag kry.

Jy is by my, om my – diep in my,onmoontlik om jou daaruit te kry.Jy is daar, elke oomblik van elke dag,in elke droom deur elke nag.Tog weet jy steeds nie hoe ek binne lyk,omdat jy altyd sommer bo-oor alles kyk. Jy wil en kan nie sien,dat jy nie plek in my hart verdien.

© Leon Botha 2019

Author

gunter@bluedigitalmagic.com

Comments

9th Jun 2020 at 1:32 pm

Hi, this is a comment.
To get started with moderating, editing, and deleting comments, please visit the Comments screen in the dashboard.
Commenter avatars come from Gravatar.



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skaam....

19th Jul 2020